Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive



SARL-NUUS SONDAG 26 FEBRUARIE 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Dit is met hartseer dat ons moet bekend maak dat die sleutel van Quintin Jannasch, ZS6FM, op 13 Februarie 2012 stil geraak het.

Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou, kinders, kleinkinders, ander familie en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

REPUBLIEK VAN SUID-SOEDAN VOORVOEGSEL Z8 TOEGEKEN

SARL-RAAD VERGADER BY NARS

ITU STEL NUWE REËLS OP OM SATELLIETSTEURING TE STOP

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

REPUBLIEK VAN SUID-SOEDAN VOORVOEGSEL Z8 TOEGEKEN

Na ‘n wagperiode van sewe maande nadat die Republiek van Suid-Soedan as ‘n lid van die Verenigde Nasies aanvaar is, het die republiek die voorvoegselblok Z8 van die Internasionale Telekommunikasieunie (ITU)ontvang. Op 14 Julie 2011- na Suid-Soedan se toelating tot die VV – het die nuwe land ‘n DXCC-entiteit geword by magte van Seksie II,1(a) van die DXCC-reëls.

SARL-RAAD VERGADER BY NARS

Die SARL-Raad het hierdie naweek by die Nasionale Amateurradiosentrum vir sy jaarlikse indaba vergader om planne te beraam vir die volgende jaar. Die voorlopige planne sal by die Nasionale Konvensie, wat van 29 tot 22 April in Pinetown gehou word, voorgelę word. Hierdie is die enigste sessie waar die raadslede mekaar van aangesig tot aangesig ontmoet, behalwe vir ‘n kort vergadering na die AJV. Ander vergaderings word per telekonferensie gehou word.

Die vergadering het heelwat tyd gewy aan veranderings en byvoegings tot die grondwet, wat nodig geword het om aan die SA Inkomstediens se nuwe reëls vir verenigings sonder winsbejag te voldoen. Die voorgestelde veranderings sal in die AJV se Agendaboekie vir bespreking by die AJV gepubliseer word.

SAID-regulasies sal ook klubs raak en die SARL is besig om riglyne op te stel om klubs te help om aan die reëls te voldoen.

ITU STEL NUWE REËLS OP OM SATELLIETSTEURING TE STOP

Die Internasionale Telekommunikasieunie het ‘n beroep op die węreld se nasies gedoen om alle nodige aksies te onderneem om die moedswillige steurings aan satellietuitsendings stop te sit. Die verandering in regulasies is goedgekeur by die pas afgelope Węreldradiokommunikasiekonferensie nadat ‘n groot aantal klagtes gelę is oor steurings aan internasionale satelliet-TV-uitsendings in die Persiese en Arabiese tale wat doelbewuste steurings ondervind.

Die nuwe reël vereis dat administrasies die feite sal vasstel en die nodige aksie neem wanneer hulle die doelbewuste steurings waarneem. Wat die teenaksies behels is nie duidelik in die dokument gestel nie.

Die twee satellietoperateurs wat geteiken is, is Eutelsat en Arabsat. Hulle beweer dat steurings uitsendings uit Iran en Sirië afkomstig is. Die steurings het toegeneem vanaf September 2011 en het ‘n aantal uitsendings geraak waaronder die van die BBC, Duitsland se Deutsche Welle en RFE se Radio Farda.

Radio Nederland Węreldwyd en die Europese Uitsaai-unie ondersteun die gewysigde ITU-antisteuringsreel in die geveg om moedswillige steurings met satellietuitsendings teen te werk.

DIE AMPLION LUIDSPREKER VAN 1926 SE VIDEO

Die geskiedenis van die vroeë 20ste eeu Amplion luidspreker is ‘n storie in die onlangs vrygestelde video van Trilith Films in die Verenigde Koninkryk. In “A Tale Retold” vertel die video die storie van die VK-radioamateur, Frank Marshall, wat in 1998 aan Trilith Pictures vertel het van ‘n versameling ou rolprentfilms wat vir dekades onder sy werkbank gebęre was. Hy het gedink dat tussen die klomp dalk ‘n film is wat hy as seun veral geniet het. Dit was ‘n advertensie van ‘n vroeë luidspreker wat die Amplion genoem is, een wat in plaaslike bioskope in die 1920’s gebruik is en by sy pa se pioniersradiobesigheid op die Isle of Portland.

Toe die van die verrottende nitraatfilms gered is, is gevind dat die film “The Tale of the Amplion“ daar was van ‘n tot nog toe onbekende werk van die welbekende illustreerder William Heath Robison. Dit is heel waarskynlik die enigste lewendige strokiesprent wat Robinson ooit gemaak het.

Die verhaal is oorvertel deur Frank Marshall wat die film bewaar het, Gerry Wells van die “Vintage Wireless Museum” in Londen en Geoffrey Beare van die William Heath Robinson Trust. Ingeslote is die film soos dit oorspronklik gemaak is, maar met spesiaal gekomponeerde musiekbaan deur die komponis Stephan Deutsch.

Die video is geskiet en geredigeer deur John Holman vir Trilith en verskyn nou op Transition Vision’s Heritage Channel. Dit is beskikbaar vir węrelwye besigtiging aan-lyn vanaf YouTube. Dit kan gevind word op tinyurl.com/amplion.

ERIC JAMESON INDIESE OSEAANTOEKENNINGS

In die Raadsvergadering van die Draadloosinstituut van Australië oor die naweek van 18-19 Februarie 2012 in Melbourne, is die aanbod van Eric Jameson, VK5LP, aanvaar om toekennings vir die eerste amateurradiokontakte in die tweemeterband (144 MHz),oor die Indiese Oseaan tussen Afrika en Australië, te borg. Daar sal drie toekennings wees, vir spraak, GG en digitale modusse en sal bekend staan as die Eric Jameson Indiese Oseaan Toekennings.

Toe Eric 'n som geld aan die WIA aangebied het om die toekennings te finansier, het hy gesę: "Ek erken dat dit nie maklik gaan wees om die Indiese Oseaan te oorbrug nie, maar 'n mens kan nie sę dat dit onmoontlik is nie. Die graad van moeilikheid kan gesien word aan die, tot-nou-toe, onvermoë om die baie korter Atlantiese Oseaan te oorbrug ondanks gereelde pogings om die Brendan Atlantiese Oseaantrofees te wen".

Die Indiese Oseaan Toekennings is ontwerp om eksperimentering in voortplanting en langafstand kommunikasietegnieke in die tweemeterband aan te moedig.

KOMPETISIENUUS

2012 SARL QRP-kompetisie

16 logs en een kontrolelog is ontvang. Volgens die logs is 303 kontakte tussen 81 stasies wat deelgeneem het, gemaak. 63 stasies het op ESB alleen gewerk, terwyl 10 stasies slegs GG gebruik het. 8 stasies het beide GG en ESB gebruik.

Die uitslae is as volg:

1ste ZS6XT 936 punte
2de ZS2ACP 930 punte
3de ZS6PX 408 punte
4de ZS6A 400 punte

Die volledige uitslae is op die forum geplaas.

SARL Digitale Kompetisie

Die eerste been van die SARL-digitale kompetisie vind vandag plaas en duur van 13:00 UTC tot 16:00 UTC (15:00 tot 18:00 SAT). Die regulasies kan in die 2012 Kompetisiehandboek gevind word.

SARL 80 METER KOMPETISIE

Die eerste kompetisie in hierdie reeks was ‘n GG-kompetisie en logs is van die Sasolburg ARK en die Wesrand ARK ontvang.

1ste Wesrand ARK, 7 punte van 3 logs
2de Sasolburg ARK, 2 punte van 1 log

SARL NASIONALE-VELDDAG.

Die Februariebeen van die 2012 SARL nasionale velddag is op 11 en 12 Februarie gehou en 20 logs is ontvang.

Klas A Multioperateur veldstasie:
1ste Wesrand ARK, ZS6WR, 117 240 punte
2de Bloemfontein RAK, ZS6BFN, 64 044 punte
3de Magalies ARK. ZS6MRK, 60 840 punte

Klas B Multioperateur veldstasie QRP:
1ste Centurion ARK, ZS6CEN, 23 310 punte

Klas C Enkeloperateur veldstasie:
1ste Marius, ZRMS/4, 28 320 punte
2 de Bryan, ZS2SS, 10 584 punte

Klas D Enkeloperateur veldstasie QRP:
1ste Raoul, ZS1REC, 35 424 punte
2de Eddie, ZS6BNE, 1 620 punte

Klas E Algemene stasies:
1ste Pieter, ZS6XT, 36 720 punte
2de Christo, ZS3R, 27 840 punte
3de Wessel, ZS6AWW, 7 680 punte

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteit laag is. Stabiele sonvlek 1 422 is nog steeds die grootste sonvlek sigbaar van die aarde af. Ou sonvlek 1 410 het weer in sig geroteer en is herdoop as sonvlek 1 423. Hy is stabiel maar met baie min moontlikhede vir fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 42.

20 tot 10 m en veral 15 m gaan pret wees met 10 m wat net sporadies gaan oopmaak as gevolg van die lae sonaktiwiteit.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

Vandag, 26 Februarie – SARL Digitale Kompetisie, 15:00 tot 18:00 SAT.
29 Februarie - Skrikkeljaaruitdaging vanaf 00:01 tot 23:59.
21 Maart - ZS6ERB se konstruksiedag.
20 - 22 April SARL-konvensie in Pinetown.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Gustav, ZS6BWN.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003